KWAZULU-NATAL. – ‘n Pagebore babameisie is Vrydagmiddag deur twee tienerseuns aan die kant van ‘n besige pad in Gandhinagar gevind.
Reaction Unit South Africa sê die tieners het in Hoogweg sokker gespeel toe hulle die baba, wat in ‘n swart kombersie toegedraai was, langs die pad gevind het.
Die tieners het verbygaande motoriste se aandag getrek en hulle gevra om hulp te ontbied.
Reaksiebeamptes het omstreeks 16:08 by die tieners en baba aangekom waar hulle gevind het die pasgeborene se naelstring was nog aan haar, met ‘n wasgoedpennetjie vasgeklem. Die babameisie is vir mediese behandeling na die Tongaat-kliniek geneem.
‘n Saak van kinderverlating word ondersoek.
Bron: Reaction Unit South Africa
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel





