NOORD-KAAP. – ‘n Beweerde daggahandelaar (57) is Donderdagoggend omstreeks 02:00 op die N1, in die rigting van Bloemfontein, op ‘n ongelukstoneel vasgetrek.
Sers. Molefe Shemane sê polisielede van die Colesberg-blitspatrollie het ‘n verdagte in besit van dagga, met ‘n straatwaarde van ongeveer R100 000, op ‘n ongelukstoneel waarin ‘n vragmotor betrokke was, aangekeer.
Polisielede het vullissake met dagga gevul langs die vragmotor gevind en tydens deursoeking nog meer gevulde sakke in die binnekant van die vragmotor.
Nadat die verdagte mediese behandeling ontvang het, is hy deur die polisie in hegtenis geneem.
Die verdagte sou in die Colesberg-landdroshof verskyn.
Bron: SAPD