Brekende Nuus
Afrikaans

Vuurwapens tydens inbraak op plaas gesteel

Vuurwapens is Saterdagoggend tydens 'n inbraak by 'n plaasnhuis in Makhado gesteel.

Vuurwapens tydens inbraak op plaas gesteel
Foto: Ter illustrasie Canva

LIMPOPO. – Vuurwapens en ammunisie is Saterdagoggend uit ‘n huis op ‘n plaas op Makhado langs die Elimpad tydens ‘n inbraak gesteel.

Brig. Hlulani Mashaba sê die klaer het Vrydagmiddag omstreeks 13:00 sy plaas verlaat en na Bela-Bela gegaan. Saterdag het sy pa hom glo gebel en van die inbraak vertel.

By die plaashuis is gevind onbekende verdagtes het deur die voordeur toegang verkry, waarna die huis geplunder en ‘n pistool, ammunisie en vier gewere van ‘n kluis in die hoofslaapkamer saam met ‘n onbekende bedrag geld gesteel is.

Die polisie is ontbied en ‘n saak van huisbraak is geopen, wat ondersoek word.

Enigiemand met inligting kan speur.sers. Shumani Kwinda by 071 855 0575 bel.

Bron: SAPD