Polisie waarsku teen gevlekte banknote

Lees ook :

Foto: SAPD

Die SAPD waarsku die publiek om nooit enige banknote wat met ink gevlek is in ontvangs te neem nie.

Die kans is baie goed dat gevlekte banknote tydens ‘n rooftog deur sekuriteitstoestelle gekleur is. Dit gebeur byvoorbeeld tydens ‘n transitorooftog waar ‘n kluis oopgeskiet of oopforseer is.

Dis onwettig om in besit van hierdie tipe banknote te wees. Jy kan aanspreeklik gehou word as jy daarmee in besit gevang word.

Indien jy dus gevlekte banknote teëkom, word jy aangeraai om dit aan die polisie by #CrimeStop by 08600 10111 of #MySAPSApp te rapporteer.

Bron: SAPD

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief