Lees ook: Israel-Hamas-oorlog – dodetal styg tot 9 061
JOHANNESBURG. – Sommige pro-Palestina groepe het die uitsetting van die Israelse ambassadeur in Suid-Afrika, Eliav Belotserkovsky, oor die oorlog tussen Israel en Hamas geëis.
Hamas het Israel op 7 Oktober aangeval, mense gyselaar geneem en minstens 1 400 burgers doodgemaak. Israel het op sy beurt Gaza aangeval met die doel om Hamas uit te roei. Meer as 9 000 mense het sedertdien in Gaza omgekom.
Pro-Palestina groepe, insluitend die BDS-groep (Boycott, Divestment and Sanctions), het die naweek buite die Agoa-forum in Johannesburg betoog.
Hulle het gesê Belotserkovsky moet uit die land gesit word en geëis dat Amerika ophou om wapens na Israel te stuur.
Bronne: EWN, People Dispatch, VOA Africa