Pro-Palestina groepe eis uitsetting van Israelse ambassadeur in Suid-Afrika

Lees ook :

Pro-Palestina groepe eis uitsetting van Israelse ambassadeur in Suid-Afrika
Pro-Palestina groepe eis uitsetting van Israelse ambassadeur in Suid-Afrika fotokrediet: Canva

Lees ook: Israel-Hamas-oorlog – dodetal styg tot 9 061

JOHANNESBURG. –  Sommige pro-Palestina groepe het die uitsetting van die Israelse ambassadeur in Suid-Afrika, Eliav Belotserkovsky, oor die oorlog tussen Israel en Hamas geëis.

Hamas het Israel op 7 Oktober aangeval, mense gyselaar geneem en minstens 1 400 burgers doodgemaak. Israel het op sy beurt Gaza aangeval met die doel om Hamas uit te roei. Meer as 9 000 mense het sedertdien in Gaza omgekom.

Pro-Palestina groepe, insluitend die BDS-groep (Boycott, Divestment and Sanctions), het die naweek buite die Agoa-forum in Johannesburg betoog.

Hulle het gesê Belotserkovsky moet uit die land gesit word en geëis dat Amerika ophou om wapens na Israel te stuur.

Bronne: EWN, People Dispatch, VOA Africa

Lees ook: Israel-Hamas-oorlog – dodetal styg tot 9 061

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief