Vrystaat-polisie vra hulp met vermiste tiener

Lees ook :

Machaka Radebe(16) Foto: SAPD

KAGISANONG. – Die gemeenskap is gevra om enige inligting rakende die verdwyning van Machaka Radebe (16) aan te meld. Sy is laas op Saterdag 2 Desember om 12:00 deur haar broer by hulle huis in Rocklands gesien.

Haar selfoon is deur ’n onbekende man beantwoord toe haar selfoonnommer gebel is. ’n Losprys is vir haar vrylating geëis.

Geen verdagte(s) is tans aan die polisie bekend nie. Machaka is Saterdag as vermis by die Kagisanong-polisiestasie aangemeld.

Enige persoon met inligting rakende die verdagte(s) of die 16-jarige kan kol. Bolsiek by 082 466 8530 kontak. ’n Oproep kan ook na die polisie se misdaadsvoorkomingsnommer, 086000 10111, gemaak word of ’n anonieme boodskap kan via die MySAPS-toepassing gestuur word.

Polisie in die Vrystaat waarsku tieners om nie enige persoonlike inligting met vreemdelinge op sosiale media te deel nie. Hulle maan ook dat jong meisies nie moet instem om iemand wat hulle aanlyn ontmoet het, fisies te ontmoet nie.

’n Versoek vir inligting oor nuwe verwikkelinge is aan die Kagisanong-polisie gestuur.

Bronne: SAPD, Twitter  

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief