BALFOUR, NELSPRUIT. – Die gedeeltelik verbrande liggaam van ’n man (49) wat al vyf dae vermis word, is Donderdag in ’n inwoner se agtertuin ontdek.
Volgens brig. Selvy Mohlala was beamptes met patrollies besig toe hulle deur ’n inwoner gestop is. Hy het hulle na die gruvonds, wat in ’n kombers toegedraai was, in sy agtertuin geneem. Paramedici het die vermiste man op die toneel dood verklaar.
Die slagoffer is positief deur familielede uitgeken wat hom Sondag om 21:00 as vermis aangemeld het.
Enigiemand met inligting rakende die voorval of oortreder(s) kan 08600 10111 skakel of die My SAPS-toepassing anoniem gebruik.
Bronne: SAPD, Twitter





