Vermiste se ontbinde liggaam gevind – moord ondersoek

Lees ook :

Foto: SAPD

VRYSTAAT. – Thabang Isaac Phuthi (44) is sedert 26 Desember 2023 vermis. ‘n Moord word deur die polisie ondersoek nadat sy ontbinde liggaam in ‘n grot in Matsupaneng gevind is.

Volgens AO Mmako Mophiring het Tseneng se veediefstal-gemeenskapspatrolleerders, wat saam met die polisie werk om veediefstalle te bekamp, op die gruvonds afgekom.

Die familie is in kennis gestel en Phuthi is positief geïdentifiseer.

Die familie het op 30 Desember 2023 omstreeks 20:00 na die polisiestasie gegaan waar hulle beweer het Phuthi is laas by ‘n plaaslike kroeg gesien en het teruggekeer huis toe om ander klere aan te trek. Hy is glo met twee leë bierbottels terug na dieselfde kroeg, maar hy het nooit teruggekeer nie. Hy het alleen, nie ver van sy ouerhuis, gewoon.

Enige persoon met inligting wat tot die inhegtenisneming en skuldigbevinding van die verdagte(s) in die saak kan lei, kan Tseseng-polisiestasie by 079 741 8120 bel.

Bron: SAPD

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief