KWAZULU-NATAL. – ‘n Drawwer, vermoedelik in sy 60’s, het gistermiddag terwyl hy geoefen het op die Tarapad in die Bluff inmekaargesak en gesterf.
Garrith Jamieson van ALS Paramedics sê paramedici is omstreeks 17:15 vir hulp ontbied.
Met aankoms op die toneel het hulle die drawwer aan die kant van die pad aangetref. Die man is geassesseer, maar het geen teken van lewe getoon nie en is dood verklaar.
Omstandighede van die insident is onbekend, maar polisie wat die saak sal ondersoek was op die toneel.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel





