Lees ook: SA het Palestynse burgers se nood duidelik gemaak, maak nie saak wat gebeur nie – Pandor
DEN HAAG. – Die Internasionale Geregshof het Israel nie beveel om militêre operasies in Gaza te staak nie. Hulle het Israel net beveel om volksmoord te voorkom.
Regter Joan Donoghue het gesê Israel moet volksmoord voorkom en enigiemand wat dit aanhits, moet gestraf word.
Israel moet ook stappe neem om hulp by die inwoners van Gaza te kry en die situasie te verbeter. Hulle moet oor ’n maand weer voor die hof verskyn om verslag te doen oor wat hulle doen om die hof se bevel uit te voer.
Die saak is nie van die rol geskrap nie en dit is bevind Suid-Afrika het ’n reg gehad om die saak teen Israel te bring.
Geen beslissing is oor die aantyging van volksmoord gemaak nie.
Bronne: The Guardian, BusinessLive, The Standard
Lees ook: SA het Palestynse burgers se nood duidelik gemaak, maak nie saak wat gebeur nie – Pandor





