Kyk: Klein Kwagga se video vir Kelly Clarkson in VSA besorg hom ‘n onderhoud

Lees ook :

Foto: Skermgreep van video Klein Kwagga 1 Tik Tok
@kleinkwagga1

Groot was ons opgewondenheid toe die @kellyclarksonshow vir ‘n ‘𝘏𝘪, 𝘒𝘦𝘭𝘭𝘺’ video vra vanaf Klein Kwagga. Met trots kan ons aankondig dat sy SO ingenome daarmee was, dat hy vir ‘n aanlynonderhoud genooi is! 🎥😁 Kyk saam die onderhoud op 12 Februarie 2024 op NBC of stroom dit op die program se YouTube kanaal. #Trots #LocalisLekker #BoerboelWear #Lyfie #KleinKwagga

♬ original sound – KleinKwagga

INTERNASIONAAL. – Klein Kwagga, geliefde klein Suid-Afrikanertjie wat sedert sy optrede tydens ‘n danskonsert van sy suster op die maat van Lyfie van Bernice West in die harte van baie mense ingedans het, het ‘n skattige video vir Kelly Clarkson in die VSA gemaak.

Clarkson, wat Amerika se heel eerste Idol was, het geen bekendstelling nodig nie en spog met haar eie kletsprogram die Kelly Clarkson Show van waar sy kontak met Klein Kwagga gemaak het.

“Groot was ons opgewondenheid toe die @kellyclarksonshow vir Kwagga ‘n 𝘏𝘪, 𝘒𝘦𝘭𝘭𝘺-video vra. Met trots kan ons aankondig dat sy só ingenome daarmee was, dat hy vir ‘n aanlyn onderhoud genooi is!”

Die onderhoud van Clarkson met Suid-Afrika se eie klein superster vind op 12 Februarie plaas. Dit kan op NBC of die program se YouTube-kanaal gesien word.

Kom ons kyk of ons lesers die titels van Kelly Clarkson-liedjies uit die strategiese boodskap van Klein Kwagga kan vind. Laat weet gerus in die kommentaar watter liedjies jy kan identifiseer.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief