Liggaam van boer in veld gevind

Lees ook :

Foto: Hugo van Sittert Facebook-blad

NOORD-KAAP. – Hugo van Sittert (71) ‘n boer van die plaas Bok se Pots, tussen Kakamas en Keimoes, se liggaam is Donderdagmiddag in die veld op ‘n buurplaas, Bok se dam, gevind.

Van Sittert is volgens ‘n sosialemediaplasing van Keimoesiete die hoofseun van 1970.

Volgens kapt. Nelis Prins kon sy familie hom sedert Sondag nie in die hande kry nie en ‘n soektog is Maandagoggend geloods.

AO Mouers en sers. Titus het Maandag die bakkie van die oorledene met ‘n jongman agter die stuurwiel gesien en hom vir ondervraging gestop. Met verdere ondersoek het die polisielede ‘n .22 vuurwapen wat aan die oorledene behoort by ‘n huis gekry.

Voorlopinge ondersoek dui aan die oorledene was na bewering Sondag met twee verdagtes oor lone in ‘n argument betrokke en dit het tot ‘n skietinsident gelei. Dit het aanleiding gegee dat die boer noodlottig met ‘n stomp voorwerp oor die kop beseer is.

Twee verdagtes tussen die ouderdom van 25 en 35 jaar is vir aanklagte van moord, diefstal van motorvoertuig, asook die onwettige besit van ‘n vuurwapen en diefstal deur die polisie in hegtenis geneem.

Prins sê die polisie is ook op die spoor van ‘n derde verdagte wat moontlik in die moord betrokke kan wees.

Enigiemand met inligting word versoek om AO Mouers of Keimoes-speurtak by 071 132 5005 te bel.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief