Op pad met onvrugbaarheid en behandeling

Lees ook :

Wenke om onvrugbaarheid beter te verwerk. Foto ter illustrasie: Canva

Saam met onvrugbaarheid kom stres wat druk op verhoudings plaas. Dit veroorsaak dikwels depressie en paartjies sukkel om hulle emosies daaroor te reguleer. Die fase waartydens paartjies behandeling vir onvrugbaarheid ontvang en nie weet wat die uitkoms gaan wees nie, is ‘n onseker tyd.

Hier is wenke wat jou op die eensame pad van onvrugbaarheid en die fase van behandeling kan help:

  1. Moenie die skuld op een party plaas nie. Ondersteun mekaar eerder as om te oordeel.
  2. Gaan vir berading om ’n ander perspektief te kry. Dit sal julle help om julle gedagtes te verwoord en emosies te verwerk.
  3. Kommunikeer openlik as paartjie oor vrese en verwagtinge. Moenie alleen met julle gevoelens worstel nie.
  4. Bring meer humor in julle verhouding in. Dit sal sommer die stresvlakke ook laat daal.
  5. Val in by ’n ondersteuningsgroep wat presies weet waardeur julle gaan. Dit help om eenderse stories met mekaar te deel.
  6. Kyk na jou eie gesondheid. Maak seker goeie eetgewoontes, rus en oefening word by jou daaglikse roetine ingewerk. Jou emosies sal beter onder beheer wees.
  7. Lees soveel as moontlik op oor die oorsake van julle onvrugbaarheid. Jou brein sal die hele proses beter kan verwerk as jy ’n goeie begrip van die situasie het. Jy sal sodoende ook realistiese verwagtinge kan vorm.

Pak die proses een dag op ‘n slag aan. Moenie te veel druk op julleself plaas nie. Werk stelselmatig deur elke emosie wat julle beleef.

Bronne: Baby Centre, Health Shots, Times Now

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief