Lees ook: Meisie (6) wat gesmeek het vir hulp dood gevind in Gaza
MISSOURI, VSA. – Een persoon is oorlede en 22 mense is gister gewond in ’n skietery tydens ’n parade in Missouri om die Kansas City Chiefs se Super Bowl-oorwinning te vier. Minstens agt kinders is in die skietery gewond.
Die polisie het gesê drie mense is na die skietery in hegtenis geneem. Volgens Kansas City se polisiehoof, Stacey Graves, het aanhangers glo een van die verdagtes gevang.
Die rede vir die skietery is onbekend en geen inligting oor die skieters is bekend nie.
Bronne: Eurones, ABC News, CNN
Lees ook: Meisie (6) wat gesmeek het vir hulp dood gevind in Gaza





