Polisie hou Steynsrus kalm tydens protesaksie oor dienslewering

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

VRYSTAAT. – Lede van die eenheid vir openbare orde polisiëring (OOP) is tans besig om rustigheid in Steynsrus te bewerkstellig. ‘n Vragmotor is reeds aan die brand gesteek en twee persone is vir openbare onrus in hegtenis geneem.

Sers. Mahlomola Kareli sê motoriste word gevra om die R76-pad wat verby Steynsrus en Matlwangtlwang loop te vermy omdat die situasie tans gespanne is.

OOP is teenwoordig om die situasie te monitor. Diensleweringsprotes het reeds in Januarie uitgebreek en paaie in en om die dorp is met brandende bande afgesper en skole was geforseer om te sluit.

Volgens Kareli is twee mans, onderskeidelik 30 en 26 jaar oud, Dinsdag vir openbare geweld in hegtenis geneem nadat hulle glo klippe na polisievoertuie en voertuie van die gemeenskap gegooi het. Hulle sal na verwagting in die Steynsrus-landdroshof verskyn.

Gister het OOP groepe ontevrede gemeenskapslede uitmekaar gejaag en gemonitor. Omstreeks 23:00 het Steynsrus-polisiestasie inligting van ‘n brandende vragmotor wat die R76-pad blokkeer ontvang. Geen beserings is opgedoen nie en die brandweer het die brandende vragmotor geblus.

Volg Nuusflits se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief