Brekende Nuus
Afrikaans

Hoërskool Riebeeckstad-oorledenes – gedenkdiens vanoggend

'n Gedenkdiens vir die Hoërskool Riebeeckstad se oorledenes van die busongeluk word vanoggend gehou.

Foto: Hoërskool Riebeeckstad Facebook-blad
Foto: Hoërskool Riebeeckstad Facebook-blad

VRYSTAAT. – Hoërskool Riebeeckstad sal vandag vroeg sluit vir ‘n gedenkdiens wat vanaf 11:00 tot 15:00 by Kingdom Ministries vir die oorledenes van die onlangse busongeluk gehou word.

Die ses meisieleerders is verlede Dinsdag oorlede toe ‘n bus waarmee hulle van ‘n kampterrein vervoer is op die R70 buite Senekal gerol het.

Brig. Motantsi Makhele het gesê die polisie ondersoek ‘n strafbare manslagsaak.

Oagile Gailele (13), Lerato Keketsi (13), Busisiwe Makansela (13), Tlotlisang Mokotjo (13), Relebohile Nteo (14) en Katleho Semelo (13) het in die gru-ongeluk gesterf.

Lees die skool se plasing van die gedenkdiens hier onder:

Dear parents/guardians.

School will close early on 15 February 2024 at 9:30 due to memorial service of our 6 deceased learners.

Gr 8 & 12 learners will be transported from school to Kingdom Ministries and will be back at school 15:30.

Please arrange transport accordingly.

Riebie Greetings

Mrs Schoeman

Volg Nuusflits se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.