Lees ook: Man sterf op vliegtuig na hy ‘liters bloed’ verloor
AMSTERDAM. – ’n Vliegtuig op pad van Amsterdam na Detroit moes omdraai toe goggas (maaiers) op passasiers se koppe vanuit die oorhoofse kompartement “gereën” het.
Volgens Sky News is die Delta-vliegtuig gedwing om na ‘n uur om te draai toe die maaiers op passasiers begin val het.
Delta het later op hulle webtuiste bevestig die maaiers was afkomstig van ’n vrot vis wat in een van die passasiers se sakke toegedraai was.
Verskeie van die passasiers het op sosiale media gekla oor hoe een persoon die vlug onaangenaam vir almal gemaak het. Hulle het ook gekla oor hulle bagasie wat agtergelaat is as gevolg van die voorval.
Delta het om verskoning gevra en gesê die passasiers is op die volgende beskikbare vlug geakkommodeer en die vliegtuig is deeglik skoongemaak.
Bronne: Jacaranda FM, Money Control, India Times
Lees ook: Man sterf op vliegtuig na hy ‘liters bloed’ verloor





