Nasionale Melktertdag 11de maal gevier

Lees ook :

Vandag is Nasionale Melktertdag. Foto ter illustrasie: Canva en Samsung Food

SUID-AFRIKA. – Gaan koop kaneel. Stof jou ouma se resepteboek af, want vandag is dit Nasionale Melktertdag.

Nasionale Melkterdag word sedert 2013 jaarliks op 27 Februarie gevier nadat die Weg!-tydskrif se redaksielede daardie spesifieke middag lus vir melktert was en bordevol daarvan geëet het. In 2014 het hulle op dieselfde datum ’n Facebook-blad en Twitter-profiel geopen waarop Suid-Afrikaners aangemoedig is om die dag as ’n “nasionale dag” saam te vier.

Melktert soos ons dit vandag ken, dateer terug tot 2 000 jaar gelede in die Rooms-Katolieke Kerk. Na bewering is daar met amandelmelkpap vir vastye geëksperimenteer omdat suiwel en proteïenprodukte tydens vastye verbode was.

Die Vlaamse “Mattentaart” uit België het Suid-Afrika saam met die Hollanders bereik en tot die hedendaagse melktertvariasies gelei.

Wat melktert ideaal en maklik maak, is die feit dat die resep meestal bestanddele bevat wat in jou kombuiskas is: melk, eiers, botter, suiker en koekmeelblom.

Waarvoor wag jy? Haal die bakke en resepteboek sommer dadelik uit en vier saam.

Bronne Landbou.com, ZoutNet, Citizen

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief