SUID-AFRIKA. – Die vermaaklikheidster en komediant, Mel die Storieverteller, het in ’n Facebook-plasing haar siening oor liggaamspositiwiteit gegee.
Sy is tans op haar wittebrood en deel die afgelope weke foto’s waar sy in verskillende bikini’s poseer. Volgens haar is sy moeg vir al die “perfekte” mense op die internet – “al die filters en die duisende skoonheidsdinge wat heeltyd aan ons verkoop word”.
Haar sprekerstemas hierdie jaar gaan onder andere op liggaamspositiwiteit fokus.
“Gesondheid lyk verskillend vir verskillende mense, maer beteken nie noodwendig gesond nie. Ek is aktief en gelukkig, maar ek is groter gebou en daar’s niks fout daarmee nie.” Sy wil nie haar lyf wegsteek net omdat sy ’n ekstragroot nommer klere dra nie.
Aanhangers is aangemoedig om “cozzie”-foto’s te deel.

Bron: Mel die Storieverteller Facebook-bladsy





