Ford-bakkie onderskep voor dit na Zimbabwe ‘gesmokkel’ sou word

Lees ook :

Foto: SAPD

LIMPOPO. – ‘n Ford Ranger Raptor-bakkie is op 20 Februarie in Germiston, Gauteng, as gesteel aangemeld.

Volgens kol. Malesela Ledwaba het die polisie inligting van die gesteelde bakkie ontvang. Die polisie se provinsiale opsporingseenheid en ‘n sekuriteitsmaatskappy is geaktiveer. Saterdag omstreeks 07:00 is ‘n bakkie wat die beskrywing pas op die R81 buite Polokwane (Pietersburg) opgemerk terwyl dit by die Mall of the North verbygery het.

Die polisie het probeer om die bakkie te stop, maar die bestuurder het weggejaag. Die bakkie kon in die Ga-Sekgopo-woonbuurt in Modjadjaskloof-polisiëringsgebied gestop word.

Die bestuurder (22) kon nie verduidelik waar hy die bakkie gekry het en is vir die bestuur van ‘n vermoedelik gesteelde motorvoertuig en roekelose en nalatige bestuur in hegtenis geneem.

Ledwaba sê tydens voorlopige ondersoek het dit aan die lig gekom die bakkie, ter waarde van R1.5 m. was onderweg na die Beitbrug-grenspos om na Zimbabwe gesmokkel te word.

Die polisie se ondersoek duur voort.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief