KWAZULU-NATAL. – Drie persone – twee volwasse mans en ‘n vrou – asook ‘n pitbull, is gisteroggend dood in ‘n huis in Rosarystraat, Greenwood Park, Durban, aangetref.
KZN VIP Proetection Services is met verskeie versoeke vir mediese hulp na die toneel ontbied. Familielede kon nie die oorledenes in die hande kry nie en het ondersoek ingestel, waarop die liggame ontdek is.
Die oorledenes was na bewering weens kabeldiefstal in die area dae sonder krag en het ‘n kragopwekker in die huis gebruik.
Die oorsaak van die oorledenes se dood is deel van ‘n polisieondersoek.
Nuusflits het polisiekommentaar gevra.





