‘Gesteelde’ Vrystaatse vee in Gauteng opgespoor

Lees ook :

Foto: SAPD

VRYSTAAT. – Altesaam 132 skape is glo op 20 Februarie van ‘n plaas in Frankfort-area gesteel en met ‘n vragmotor weggery.

Sers. Mahlomola Kareli sê die Vrede-veediefstaleenheid in samewerking met die Vrystaat E2-inisiatief het saam met nog rolspelers, wat die polisie in Noordwes, Tracker Connect en Johannesburg-metropolisie (JMPD) insluit, het van die gesteelde skape op Brakpan opgespoor. Van die gesteelde skape is 83 met ‘n waarde van R249 000 teruggevind.

Die eienaar van die skape het hulle geïdentifiseer en daar is op die vragmotor beslag gelê. Kareli sê geen inhegtenisnemings is uitgevoer nie.

The Eyes and Ears (E2) is ‘n inisiatief in die Vrystaat wat help in die bekamping van veediefstal.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief