Vrou gevang wat meisie (4) ‘ontvoer en in tas sit’

Lees ook :

Keeya Mbulawa en die tas waarin sy gevind is. Foto's: Facebook

SOWETO, GAUTENG. – Nonhle Matsebula, wat van die ontvoering van en moord op Keeya Mbulawa (4) verdink word, is gister opgespoor en in hegtenis geneem. Die SAPD is sedert 15 Januarie 2024 op soek na haar ná Mbulawa bewusteloos in ’n tas in Protea Glen gevind is.

Na bewering was die verdagte in Januarie met ‘n reistas op pad vanuit die erf wat sy met Mbulawa se familie gedeel het. Mbulawa is later bewusteloos en met kabels vasgebind binne-in die tas gevind.

Matsebula het op die vlug geslaan terwyl Mbulawa na ’n hospitaal gehaas is. Die meisie het op 17 Januarie 2024 gesterf nadat sy vir twee dae in ’n koma was.

Die verdagte sal Vrydag in die Protea-landdroshof op aanklagte van moord en ontvoering verskyn.

Nuusflits het daaroor berig.

Bronne: SAPD, Women for Change

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief