Lees ook: SA-weermag glo op bystand vir staking
ETHEKWINI. – Munisipale werkers van die eThekwini-munisipaliteit het slegs tien dae om hulle werk na ‘n onwettige staking te red.
Die munisipaleit het aan 79 van die werkers kennisgewings van wangedrag gegee oor hulle deelname aan die staking. Hulle moet binne tien dae verslae indien om te sê waarom hulle nie afgedank moet word nie.
Die werkers, van die Suid-Afrikaanse munisipale werkersunie (Samwu), staak al van verlede week af vir meer geld. Hulle het dienste onderbreek, die publiek gedreig en intimideer en was glo gewelddadig teenoor ander werkers wat nie wou staak nie.
Bronne: ECR, SABC, IOL
Lees ook: SA-weermag glo op bystand vir staking





