Lees ook: Hoë vlakke van kanker-veroorsakende chemikalieë in akneerome gevind
ETHEKWINI. – Die Suid-Afrikaanse weermag is glo op bystand om ’n staking deur die eThekwini-werkers stop te sit as hulle nie teen die einde van die week terug is by die werk nie.
Dit is Dinsdagaand deur die burgemeester, Mxolisi Kaunda, impliseer tydens ’n vergadering met die stadsraadlede.
Werkers van die Suid-Afrikaanse Munisipalewerkersunie (Samwu) het verlede Woensdag oor betaling begin staak. Talle mense sit sonder water na die betogers die waterpyplyne gesaboteer het en kleppe op die reservoirs vernietig het.
Stadsraadvoertuie is gebruik om gemors in die strate te gooi en daar is Maandag voorvalle van klipgooeiery aangemeld.
Bronne: IOL, Mail & Guardian, ECR
Lees ook: Hoë vlakke van kanker-veroorsakende chemikalieë in akneerome gevind





