Brekende Nuus
Afrikaans

Waarskuwings oor beweerde terroristeaanvalle vir Rusland uitgereik

Hulle het hul burgers gewaarsku om groot groepe mense te vermy, die media dop te hou en om bewus te wees van hulle omgewing.

Waarskuwings vir beweerde terroristeaanvalle uitgereik vir Rusland

fotokrediet: Canva
Waarskuwings vir beweerde terroristeaanvalle uitgereik vir Rusland fotokrediet: Canva

Lees ook: Chinese wetenskaplike wat glo verbind is aan Wuhan-lek afgedank

RUSLAND. – Die VSA- en VK-ambassades in Rusland het gewaarsku “terroriste” beplan aanvalle op groot byeenkomste in Moskou.

Hulle het hulle burgers gewaarsku om groot groepe mense te vermy, die media dop te hou en om bewus te wees van hulle omgewing.

Die waarskuwing is vir die volgende 48 uur uitgereik met kommer oor feeste en konserte verbind aan Internasionale Vrouedag wat groot in Rusland gevier word.

Dit is onduidelik wie die ambassades glo die “terroriste” is.

Rusland self het geen waarskuwings uitgereik nie.

Bronne: Daily Mail, The Sun, Reuters

Lees ook: Chinese wetenskaplike wat glo verbind is aan Wuhan-lek afgedank