EKANGALA, GAUTENG. – ’n Ambulans het vanoggend tussen Ekangala en Bronkhorstspruit gerol. Gauteng Emergency Medical Services meen die ongeluk is veroorsaak deur groot klippe wat in die pad geplaas is.
Hulle ambulans was op pad terug vanaf ’n hospitaal ná ’n noodoproep. Ambulanspersoneel het geringe beserings opgedoen en is na ’n hospitaal vir mediese behandeling geneem.
Gauteng Emergency Medical Services het die optrede as “lafhartig” beskryf omdat dit volgens hulle verhoed dat lewens gered word. “Waardevolle bates gaan verlore wat gebruik kon word om die gemeenskap te dien.”
Bronne: Gauteng Emergency Medical Services, Facebook

