MPUMALANGA, SUID-AFRIKA. – ’n Ligte vliegtuig moes vroeër vandag ’n noodlanding op die N4 naby Middelburg doen.
Charmaine Vincent, die vlieënier, het die Cessna 172 suksesvol laat land nadat die ligte vliegtuig krag en hoogte verloor het. Sy was onderweg na die Middelburg-lugskou.
Vincent se seun (12) en Stan Spear, die eienaar van die Cessna, was ook in die vliegtuig ten tyde van die noodlanding.
Volgens myLOWVELD.net het niemand beserings opgedoen nie en is daar geen skade aan die vliegtuig nie.
Bronne: myLOWVELD.net, Facebook

