Lees ook: NSFAS oorweeg regsaksie teen akkommodasieverskaffers wat glo beamptes gyselaar hou
Die Suid-Afrikaanse weerdiens het reën en sterk winde vir verskeie provinsies die week tussen Dinsdag en Donderdag voorspel.
Die Laeveldstreke van Mpumalanga, Limpopo en noordelike KwaZulu-Natal kan reën en wind te wagte wees.
Dit volg na die Suid-Afrikaanse weerdiens ’n tropiese laedruksisteem in die Mosambiekkanaal tussen Mosambiek en Madagaskar opgemerk het.
Hulle het gesê die sisteem sal oor suidelike Mosambiek beweeg teen Dinsdag en teen Woensdag sal dit naby Xai-Xai uitgaan. Die weerdiens het gesê hulle sal die sisteem dophou.
Daar is ook ‘n hittegolfwaarskuwing uitgereik vir die Vrystaat, Noord-Wes en Limpopo. Dit sal ook warm wees in Gauteng.
Bronne: IOL, The Citizen, News365, SAWS, EWN
Lees ook: NSFAS oorweeg regsaksie teen akkommodasieverskaffers wat glo beamptes gyselaar hou





