NSFAS oorweeg regsaksie teen akkommodasieverskaffers wat glo beamptes gyselaar hou

Lees ook :

NSFAS oorweeg regsaksie teen akkommodasieverskaffers wat glo beamptes gyselaar hou
NSFAS oorweeg regsaksie teen akkommodasieverskaffers wat glo beamptes gyselaar hou fotokrediet: Canva

Lees ook: JK Rowling by polisie aangegee oor beweerde haatmisdaad

NSFAS het gesê hulle oorweeg regsaksie teen akkommodasieverskaffers wat glo hulle beamptes gyselaar gehou het by die Universiteit van Zoeloeland (Unizul).

Hulle het die intimidasie en gyselaarvoorval veroordeel wat glo Vrydag plaasgevind het.

Die beweerde voorval het gevolg na ‘n vergadering op 5 Maart tussen die NSFAS-subkomitee, bestuur van die universiteit en akkommodasieverskaffers.

NSFAS het tydens die vergadering gesê hulle sal beamptes stuur om akkommodasieverskaffers en studente te help met die proses om blyplek te reël. Dit was om te verseker die verskaffers word betaal.

Die beamptes is glo later gyselaar geneem en geïntimideer.

NSFAS het studente, kolleges en verskaffers herinner om akkommodasie te kry sodat die geld uitbetaal kan word. Dit volg na klagtes van die studente dat die geld direk aan hulle betaal moet word.

Bronne: IOL, VN Explorer, The Mail & Guardian

Lees ook: JK Rowling by polisie aangegee oor beweerde haatmisdaad

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief