Lees ook: Woolworths herroep grondboontjiebotterroomys
Nog ’n handelsmerk grondboontjiebotter is herroep. Clover se Go Nuts 400g grondboontjiebotter is herroep oor hoër as aanvaarbare vlakke aflatoksien in die produk.
Altesaam 10 776 eenhede van die Go Nuts-grondboontjiebotter is herroep. Mense wat die grondboontjiebotter gekoop het, word gewaarsku om dit terug te neem na die winkel waar hulle dit gekoop het.
Die vervaldatums vir die grondboontjiebotter is 12, 18 en 19 Junie 2025 en 19 Julie 2025.
Dit is die sesde handelsmerk wat herroep is, die ander is: Dischem’s Lifestyle 400 g Smooth and Crunchy, Dischem Lifestyle 800 g Smooth and Crunchy, Wazoogles Superfoods (all groottes van 32 g tot 20 kg), Pick n Pay No Name 1 kg Smooth en Eden All Natural.
Woolworths se Peanut Butter Ice Cream is ook van die rakke afgehaal.
Bronne: BusinessTech, IOL, TimesLIVE





