WES-KAAP, SUID-AFRIKA. – Na ses jaar se afwesigheid het Atlantic Rail weer die Explorer’s Train vanaf Kaapstad na Simonstad bekendgestel.
Reisigers kan uitsien na ’n rit van twee en ’n half uur met ‘n see-uitsig. Die trein vertrek vanaf die Hawebrug-platform by die AC Marriot-hotel in Kaapstad.
Met jou aankoms in Simonstad om 11:30 het jy genoeg tyd tot 15:00 om die dorpie te verken. Die treinstasie is slegs 600 m vanaf die middedorp. Teen 17:30 is jy weer veilig in Kaapstad na ’n dag propvol aktiwiteite.
Besoek gerus hier hulle webblad vir meer inligting en om jou plek te bespreek.
Bron: Ceres Rail Company

