Ongemaklike vrae in Op my eish!

Lees ook :

Ongemaklike vrae in Op my eish! Foto: kykNET

In die 11de episode van Op my eish! is die oorblywende vroue behoorlik in die kollig geplaas. Hulle moes die media toespreek en op-die-man-af-vrae beantwoord.

Die vrae het al die deelnemers en vir Brendan Peyper op hulle stoele laat rondskuif. Hy moes mooi verduidelik watter balans hy tussen ’n tradisionele en ambisieuse vrou soek. “Almal het ’n rol in die huis,” maar hy sal glo nie van enige vrou verwag om haar loopbaan op te gee nie.

Brendan en Rachelle se soen kom uit nadat sy dit sover goed geheim kon hou. Volgens haar was dit te spesiaal om sommer met almal te deel. Katja is onkant gevang daardeur terwyl Chaunte voel sy het iets gehad om weg te steek.

Elke vrou word deur Brendan opgesom. Hy hou van hoe oopkop Jonelle is. Chaunte se geloof staan vir hom uit. Volgens hom is Janae goed gebalanseerd. Hy meen hy en Katja het ’n unieke band en dat Rachelle weer baie het om te bied.

Almal is effens geskok toe Brendan aankondig dat hy reeds ’n idee het wie hy gaan kies. Hy skerm deur te sê dat hy as besluiteloos sou voorkom indien hy nie geweet het wat hy soek nie.

Aan die einde van die episode word Chaunte huis toe gestuur. Volgens Brendan is Christenskap al wat hulle gemeen het, en het hy nog nie die menslike kant van haar gesien nie.

Volgende week raak dinge warm wanneer daar net vier vroue oor is.

Bronne: kykNET, Terloops

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief