Ma wat op vakansie gaan terwyl baba alleen tuis sterf, gevonnis

Lees ook :

Foto's: CNN

Kristel Candelario van Ohio in die VSA is Maandag lewenslank sonder ‘n kans van parool gevonnis, nadat haar babadogter, Jailyn (16 mnde. ten tyde van die misdaad), gesterf het omdat sy haar alleen tuis gelos en met vakansie gegaan het.

Candelario het op 6 Junie 2023 met vakansie na Puerto Rico en Detroit vertrek terwyl haar babadogter tuis in haar speelarea met ‘n paar bottels melk gelos is. Met haar tuiskoms, 10 dae later, het sy die baba dood aangetref en owerhede vir hulp gebel.

Sy het verlede maand skuld op aanklagte van moord met verswarende omstandighede en kindermishandeling erken.

Jailyn is op ‘n matras wat met urine en ontlasting oortrek was, gevind. Haar oë was ingesonke, haar lippe droog en daar was ontlasting in haar mond.

Volgens Candelario se ma het haar dogter medikasie vir angstigheid en depressie gebruik.

Bronne: 1 News, CNN, NBC News en Associated Press

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief