GAUTENG. – Altesaam 1 070 netbalspelers is in video-opnames by Hoërskool Waterkloof vasgevang toe hulle die Kloof-Tex-dans (Texas Hold Em soos deur Beyoncé gesing) doen.
‘n Allemintige 107 spanne, waarvan sommige vir die 13de jaar in ‘n ry, het aan die Kloof-netbalfees deelgeneem. Die fees vind vanaf 21 tot 25 Maart plaas.
Die spelers het nie net netbalvaardigheid nie, maar ook danspassies ten toon gestel.
Die o.14 A-span van Hoërskool Framesby in Port Elizabeth was die wenners van die dans. Die video is hierbo ingesluit.
Die fees word weer in 2025 aangebied.

Bronne: Supersport Skole Netbal en Kloof Netbalfees Facebook-blad Foto’s: Kloof-Netbalfees Openingseremonie





