CENTURION, GAUTENG. – ’n Ligte vliegtuig het Vrydag om 10:55 by die N14 naby die R511-afrit aan die buitewyke van Centurion neergestort.
Die vlieënier het geen beserings opgedoen nie. Kenners op die toneel meen die veiligheidsmeganismes in die vliegtuig en vlieënier se ervaring het hom van ernstige beserings gered.
Nooddiensspanne het die toneel binne minute afgesper en die situasie onder beheer gebring. Die vlerke van die vliegtuig is ook verwyder.
Geen inligting oor die oorsaak van die ongeluk is bekend gemaak nie.
Bronne: CERT-SA, Swisher Post





