Paartjie steeds vermis na besittings in kano gevind is

Lees ook :

Paartjie steeds vermis na besittings op kano gevind is. Foto's: Suid-Kaap Forum en Duiwenhoksrivier Conservation

VERMAAKLIKHEID, WES-KAAP. – Die besittings van ’n man (40) en vrou (18) is Saterdagmiddag in ’n kano op die Duiwenhoksrivier gevind. Polisieduikers het die soektog na die twee persone vanoggend hervat nadat dit gisteraand gestaak is.

Volgens die vermiste vrou se pa is die paartjie glo al Vrydagoggend vroeg vanaf hul huis op Vermaaklikheid na die Duiwenhoksrivier om met ’n kano te vaar en vis te vang. Daar is eers Saterdag alarm gemaak nadat net hulle besittings in die kano in die rivier gevind is.

Suid-Kaap Forum berig die vermoede bestaan dat die kano moontlik omgeslaan en die paartjie dalk verdrink het.

Die SAPD se hulp is ingeroep en die soektog duur voort.

Bronne: Suid-Kaap Forum, Facebook  

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief