Kolisi weer beseer

Lees ook :

Kolisi weer beseer. Foto: SA RugbyMag

Die voormalige Springbokkaptein, Siya Kolisi (32), is Sondag, na hy ‘n maand buite aksie was, na 22 minute as gevolg van ’n besering weer van die veld af gestuur.

Kolisi, wat vir die Racing 92-span in Frankryk speel, het sy regterenkel beseer. Sy vorige beserings het ’n gebreekte vinger ingesluit waarvoor hy ’n operasie moes ondergaan.

Hy het by die Racing-span aangesluit na die Springbokke se Wêreldbekeroorwinning. Kolisi is deur Ibrahim Diallo op die veld vervang.

Dit is nog nie bekend wanneer hy weer na die veld mag terugkeer nie.

Bronne: SA People, SA Rugby Mag, The Citizen

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief