KWAZULU-NATAL. – ‘n Man (32) is Dinsdagaand in Amoutana in sy huis se oprit doodgeskiet.
Reaction Unit South Africa sê inwoners het 23:54 gebel nadat hulle op die liggaam van die man afgekom het.
Inwoners het aan Rusa-beamptes gesê hulle het veelvuldige skote gehoor en die oorledene gewond aangetref.
Hy het skietwonde in die kop, bors en maag opgedoen en het gesterf voordat nooddienste opgedaag het.
Die motief vir die voorval is onbekend.
Nuusflits het polisiekommentaar gevra.





