Rollende motorband veroorsaak ongeluk

Lees ook :

Rollende motorband veroorsaak ongeluk. Foto: IPPS Medical Rescue

BALLITO, KZN. – ’n Taxi was Maandagaand in ’n ongeluk op die N2 betrokke nadat ’n los motorband vanaf ’n vragmotor geval en die taxi getref het.

Die ongeluk het naby die Ballito-wisselaar plaasgevind.

Volgens ooggetuies het die band vanaf ’n vragmotor gekom wat in die teenoorgestelde rigting gery het.  Die taxibestuurder het beheer oor die taxi verloor toe die band dit tref. Nog ’n voertuig is deur die band getref.

Twee van die insittendes in die taxi het ernstige beserings opgedoen. Nog tien het geringe beserings gehad.

Die N2-noordwaarts is gesluit terwyl die toneel opgeruim word.

Bronne: IPSS Medical Rescue, Facebook

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief