Vier leerders van een skool pleeg selfdood

Lees ook :

Foto: Eqinisweni Secondary School

GAUTENG. – Vier leerders van Hoërskool Eqinisweni in Ivory Park het tussen 26 April en 25 Mei selfdood gepleeg.

Steve Mabona sê Matome Chiloane, die LUR van onderwys in die provinsie, is uiters geskok daaroor.

Op Vrydag 26 April het ‘n gr.10-meisie glo met haar tuiskoms gif gedrink. Daar is met haar na ‘n kliniek gehaas, maar sy is dood verklaar.

Op Donderdag 2 Mei is ‘n gr. 11-meisie deur haar ouers dood by die huis aangetref. Sy het ook na bewering haar eie lewe geneem deur gif te drink.

Op Vrydag 3 Mei is ‘n gr. 11-seun in die hospitaal opgeneem omdat hy glo gif gedrink het. Hy het ook gesterf.

Op Sondag 5 Mei het nog ‘n gr. 12-meisie glo tuis gif gedrink en het gesterf terwyl sy na ‘n nabygeleë kliniek vervoer is.

Die onderwysdepartement se psigososiale ondersteuningseenheid gee die nodige berading by die skool. Die diens word ook aan die families van die oorledenes gebied.

Leerders word deur die departement versoek om gebruik te maak van ondersteunende strukture en hulpmiddels indien hulle uitdagings het en hulp benodig.

Leerders kan Childline by 116 bel. SADAG kan ook by 0800 567 567 of 0800 456 789 gebel word.

“It is indeed heart-wrenching to witness the loss of young lives. We extend our deepest condolences to the families affected by their loss. Mental health support services will be bolstered in schools to ensure our learners receive the necessary assistance and guidance during difficult times. It should be noted that our partnership with SADAG has yielded positive results in Tsakane where we previously had a similar slew of unfortunate learner suicides. As such, the Department commits to continue with this partnership and conduct learner mental health roadshows to affected schools,” sê die LUR.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief