KWAZULU-NATAL. – Twee minderjariges is Saterdagoggend beseer toe die voertuig waarin hulle passasiers was, op die Inandapad gerol en in ‘n sloot beland het.
Reaction Unit South Africa het omstreeks 11:30 op die toneel aangekom waar ‘n wit Ford Ranger-dubbelkajuitbakkie op sy kant in ‘n sloot langs die pad gelê het. Die bestuurder het vir Rusa-beamptes vertel die bestuurder het glo op ‘n draai beheer oor die voertuig verloor waarna hulle die sloot in is.
Sy twee minderjarige boeties wat saam met hom in die voertuig was, is beseer en is na ‘n hospitaal geneem voordat nooddienste op die toneel aangekom het.
Die bestuurder van die bakkie is nie beseer nie.





