DURBAN, KZN. – Een persoon is beseer toe ’n vragmotor Maandagoggend op ’n verbindingspad tussen die R102 en Ottawa noord van Durban omgeslaan het.
Die bestuurder het beserings opgedoen en is met ’n privaat ambulans hospitaal toe vervoer. Volgens Reaction Unit South Africa het die vragmotor omgeval toe die bestuurder om ’n draai by ’n vierrigtingstop gegaan het.
Dit is nie bekend watter vrag in die vraghouer was nie. Omstanders het Rusa vir hulle vinnige diens geloof, aangesien die vrag geplunder kon gewees het.
Die presiese oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie.
Bronne: Reaction Unit South Africa, Facebook





