KWAZULU-NATAL. – ‘n Beweerde dronkbestuurder het Saterdagmiddag laat met ‘n nooddiensvoertuig op ‘n strafbaremanslagtoneel in Toddstraat in Oaklands gebots.
Reaction Unit South Africa sê lede is na ‘n toneel waar ‘n voetganger deur ‘n Toyota Quantum gestamp is. Die voetganger het gesterf. ‘n VW Polo het daarna in die agterkant van die Rusa-voertuig vasgery. Die bestuurder was glo onder die invloed van alkohol en het van die toneel teen ‘n steil heuwel af gevlug. Hy is deur lede van Rusa en die Verulam-polisie agtervolg en in hegtenis geneem nadat hy vermoedelik tydens die jaagtog geval en ‘n fraktuur aan sy regterbeen opgedoen het.
Die bestuurder is vir ondersoek na ‘n hospitaal toe geneem. Rusa sê hy sal krimineel aangekla word.





