Bejaarde kry beroerte, glo tydens aflewer van water afgepers

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

KWAZULU-NATAL. – ‘n Bejaarde man het Woensdagoggend omstreeks 09:40 ‘n beroerte gehad toe hy en sy vrou glo vir R150 tydens die aflewer van water afgepers is.

Reaction Unit South Africa sê bejaardes in die Trenance Park-omgewing word tydens wateraflewering deur ‘n groep verdagtes geteiken en afgepers. Rusa is reeds na verskeie klagtes ontbied. Na bewering word die bejaardes genader met ‘n aanbod van waterhouers en emmers wat vir hulle van JoJo-watertenks en watertenkwaens na hulle huise gedra sal word. As die water afgelewer word, word die slagoffers gedreig om sodoende geld en waardevolle items te bekom.

Rusa sê die meeste van die voorvalle word nie aangemeld nie.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief