Die sanger David Fourie se nuwe enkelsnit Die dans ding is onlangs vrygestel.
Dit is ’n opbouende lied wat ’n uitnodiging is om die lewe te vier en bo uitdagings uit te styg.
Vir Fourie is die boodskap wat sy lied uitstuur baie belangrik. “My nuwe musiek is nie net ’n lekker Afrikaanse popliedjie nie, maar ’n uitnodiging om die lewe te vier, ten spyte van neerslae, siektes en enige uitdagings wat ons beleef. As jy net vreeslik lekker kan dans net soos wat jy is, voel dit asof dit jou oplig bo die aardse probleme uit en dit gee jou nuwe lus vir die lewe.”
Hy sien dans as ’n geneesmiddel vir alles wat die afgelope vyf jaar in die wêreld gebeur het. “Daar is geen beter geneesmiddel as om te dans met simbale en alles wat jy het nie.”
Die musiekvideo:
Bronne: David Fourie Facebook, YouTube





