OOS-KAAP. – ‘n Seevaarder (39) van Sri Lanka het Donderdagoggend aan ‘n mediese toestand op ‘n skip in Algoabaai, buite die hawe van Port Elizabeth, gesterf.
Jonathan Tufts, die stasiebevelvoerder van NSRI in Gqeberha, sê die bemanning aan diens is om ongeveer 09:30 geaktiveer na hulp vir mediese sorg op ‘n houervaartuig gevra is. Reddingstuig Alpha 6, vergesel van deur twee paramedici en ‘n maritieme span, is vanaf die NSRI-stasie 6 in Gqeberha lanseer.
Aan boord het die bemanning die seevaarder in ‘n kritieke toestand aangetref. Gevorderde mediese behandeling is toegepas, maar die pasiënt het ‘n hartstilstand ervaar. KPR is twee keer toegepas, maar die seevaarder se toestand het kritiek gebly. Ten spyte van reëlings vir die skip om die Ngqura-hawe binne te gaan, waar addisionele mediese spanne en die NSRI op bystand was, het die seevaarder gesterf.
Die liggaam is aan patologiese dienste en die polisie oorhandig.
Die NSRI spreek medelye teenoor die oorledene se familie, vriende en kollegas uit.

Foto: Ter illustrasie Canva

