Anél Marais, van die Paarl, se hele lewe het op 14 September, 2001, uitmekaar geval. Sy en haar man, Johan, was op daardie stadium in huweliksberading. Die aand omstreeks 23:00 het haar man sy pistool uit die kluis gehaal, sy het uit die huis gehardloop om vir hulp te bel en twee skote gehoor.
Haar man het hulle negejarige seuntjie geskiet en daarna homself.
Hier vertel sy aan Conette le Roux van LiG van dié traumatiese ervaring en hoe sy jare later haar man kon vergewe. Anél en haar dogters Thea en Jonél het oorleef.





