Lees ook: Rus aangekla oor ‘komplot’ tydens Olimpiese Spele
FRANKRYK. – Verskeie aanvalle, insluitend brandstigting, het op Frankryk se hoëspoed-treinnetwerk voorgekom.
Die spoorwegmaatskappy SNCF het die aanvalle as gekoördineerde sabotasie beskryf, ten doel om onderbrekings te veroorsaak voor die openingseremonie van die Olimpiese Spele.
SNCF het gesê verskeie treine moes herlei word en ritte is gekanselleer. Passasiers is ook gevra om hulle reise indien moontlik uit te stel en om weg te bly van die stasies af.
Bronne: DW – South Africa, BBC, CNN





