Brekende Nuus
Afrikaans

Rus aangekla oor ‘komplot’ tydens Olimpiese Spele

Rus aangekla oor ‘komplot’ tydens Olimpiese Spele
fotokrediet: Canva
Rus aangekla oor ‘komplot’ tydens Olimpiese Spele fotokrediet: Canva

Lees ook: Franse atlete mag nie in hijab deelneem by Spele

FRANKRYK. – ‘n Russiese man (40) is in hegtenis geneem en aangekla oor ‘n “komplot” om “destabilisering” tydens die Olimpiese Spele te veroorsaak.

Die man is gister aangekla van “inligting deel met ‘n buitelandse mag om probleme in Frankryk tydens die Spele te veroorsaak”.

Volgens die plaaslike nuusmaatskappy, Le Parisien, was dit ‘n politieke komplot wat beplan is en nie ‘n terroriste-aanval nie. Hy wou glo pro-Russiese operasies uitvoer om Frankryk te “destabiliseer”.

Bronne: The Independent, BBC, CNN

Lees ook: Franse atlete mag nie in hijab deelneem by Spele